Kruger Nuus/News
Skyfies kry weer nuwe lewe

Een van die hoogtepunte van my navorsing is altyd wanneer ek fotos van mense te siene kry. Ons begin maar almal met 'n basiese raamwerk van feite soos geboorte datums, trou- en soms sterfdatums. Net soos altyd voor in die ou Bybels aangeteken is. Dit is dus vir my beter as die raamwerk aangevul deur meer inligting oor 'n persoon en spesiaal as dit aangevul word deur 'n foto of 'n reeks foto's. My skoonma het heelwat familie foto gehad maar ook baie skyfies. Ek het 'n paar jaar gelde probeer om hulle met 'n VHS video kamera af te neem terwyl ek die skyfies op 'n muur geprojekteer het. Ek was natuurlik bekommer dat die skyfieprojektor, of sy lamp, die gees sou gee en selfs met die TV en VHS resolusie was dit aangenaam om na al die ou skyfies te kyk. Vir die tegniese mense is die resolusie van 'n ou TV ongeveer 625 x 720 lyne wat as twee velde van 312 x 720 elke 25ms vertoon word. Die doel van laasgenoemde is om beweging (soos met sport) beter te vertoon. Die VHS kamera met sy magnetiese band foeter lekker met die teoretiese 720 horisontale resolusie terwyl die TV slegs 575 van die 625 lyne vertoon. Die res word bo en onder afgesny.     
 

Ek het onlangs 'n skyfiekamera (QPIX FS-170) as 'n verjaarsdag geskenk gekry. Nou 'n mense is nie veronderstel om te weet wat 'n geskenk kos nie maar so R840 in my opinie is baie bilik. Dit is so twee tenks brandstof in my wa.


Hoe meer ek met die toestel werk hoe meer is ek beindruk met sy vermoe en die kwaliteit. Om nie eers van die prys te praat nie. Hierdie betrokke model is 'n digitale kamera in eie reg met ingeboude lense en beligting.
--2--
Die skyfiekamera kan kleurskyfies sowel as 35mm negatiewe omskakel na jpg beelde. Die beste is dat die skyfiekamera nie die skyfies skandeer nie maar hulle afneem. Daar is dus geen interne bewegende dele nie. Die skyfiekamera het 'n ingeboude geheue en ook 'n SD geheuekaart poort. Die skyfiekamera stoor sy beelde in sy geheue of op die kaart en die beelde kan dan later deur middel van 'n USB kabel afgelaai word na 'n rekenaar. Die aspek het my ook beindruk - daar is geen spesiale sagteware op my rekenaar nie. Vir my rekenaar lyk die skyfiekamera soos net nog 'n digitale kamera. Wat ek deesdae doen is om sommer my SD kaart uit die skyfiekamera uit te haal en dit dan in 'n USB omsetter in te prop. Die' druk ek dan in my rekenaar se USB poort net soos 'n gewone USB geheuestokkie.
'n Voorbeeld: Hierdie skyfie is 5X verklein.

Die kamera het 'n 5MP resolusie en beelde word gestoor in die jpg formaat as 2592 pixels by 1944 pixels. Soos met enige omskakel proses kan die kamera niks doen aan skyfies wat uit fokus is nie of wat erg gekrap is. 


'n 500 x 373 gedeelte van die geskanderde beeld hierbo. Dit wys goed die fyn detail die kamera kan afneem.

Een aspek wat ek wel agter gekom het is dat die beelde van skyfiekamera 'n verhouding van 4:3 het terwyl 'n tipiese 35mm skyfie 'n verhouding van 4:2.6 het en 'n foto (6"x4") ook 'n verhouding van 4:2.6. Dit beteken dat daar wel stukkies van die beeld op die skyfie in die kante afgesny word. Ek positioneer maar elke skyfie of negatief voordat ek dit afneem want soms is die onderwerp nie in die middel van die skyfie nie.