Kruger Nuus/News

Die de Beers, Bezuidenhouts, van Niekerks, Meyers en die van Tonders

Ek skeep 'n bietjie die Krugers af op die oomblik en geniet dit om 'n bietjie aan my moeder se voorouers te werk. Moeder was 'n de Beer en haar oumagrootjie was 'n Kruger en dus is ek darem nie te ver van die Krugers af nie. Omdat ek aan al my moeder se voorouers werk, is ek besig om 'n interesante draai te maak deur die de Beers, Bezuidenhouts, van Niekerks, Meyers, van Tonders en natuurlik die Krugers. Van die mense name is vir my netso interesant, Barend Petrus, Roelf Adriaan Pieter, Frederik Johannes Theodorus en ook Levina Catharina Hendrina, Johanna Wilhelmina, Catharina Fransina en ook Napoleon.

Soos ek probeer om die groter konteks van die familie te verstaan het ek nou begin kyk na ooms, tannies en ook oupas en oumas se broers en susters en ook oupagrootjies en oumagrootjies en hulle broers, susters en nageslagte. Dit is vir my fansineered om te sien hoe 'n naam in 'n familie ontstaan en dan oorspring en dan verder vorder in 'n ander. Roelof Pieter Aderjan de Beer word dan later Roelof Pieter Adriaan de Beer. Sy dogter trou met 'n Lellyett en hulle het 'n seun Pieter Adriaan Lellyett. Die naam Roelof Pieter Adriaan de Beer word ook soms Roelf Adriaan Pieter de Beer. 

'n Ander naam is Frederick Johannes Theodorus Bezuidenhout of Frederik Johannes Theodrus. Sy dogter trou met 'n van Niekerk en hulle het 'n seun F.J.T.B van Niekerk of te wel, Frederick Johannes Theodorus Bezuidenhout van Niekerk. Ek het ook 'n neef met baie besondere name Leon Sebastiaan Lodewicus Venter.

'n Naam van wie ek geen verdere spoor kan vind nie is Lewisa Catharina (Kate) de Beer blykbaar getroud met 'n Stoffel Botha. Ek het verwag dat die naam Lewisa redelik maklik sou wees om te volg maar dit is nie die geval nie. Vandag sou 'n Lewisa seker Louise of Louisa genoem gewees het. Ander nasate is Johanna Wilhelmina Slabbert

Die ander naam wat vir my netso interesant was is Soetje Elizabeth Johanna. Die eerste spoor van die naam vind ek onder die du Plesiss. Later word dit Zoetje Elizabeth Johanna. Talle van die naamgenote het die noemnaam Bettie of Betty. Later word die noemnaam 'n vollenaam as 'n Zoetje Elizabeth Johanna  haar dogter Betty doop.

__________________________________________________
 
Return to Main Page / Keer terug na hoofblad


Die testament van Soetje Jacobs (1893)


Name:  Miss Zachje Elizabeth Johanna Bernardi
Other Names: Elizabeth Joh; Nutje Elizabeth; Elizabeth Johanna
Place of death: Bloemfontein Refugee Camp
Age died:  9 years